Life With Zee

EP 21 Anita Lloyd: 47 Lande, 8 Lyfwagte en Negatiewe Media

September 07, 2023 Zandri van Zyl (Zee) Season 2 Episode 1
Life With Zee
EP 21 Anita Lloyd: 47 Lande, 8 Lyfwagte en Negatiewe Media
Show Notes

Join me this week… nee, wag. Dit is nie reg nie!

Die week, vir die heel eerste episode van seisoen twee en die heel eerste Afrikaanse episode, sit ek saam met geen ander as DIE Real Housewife van die Wynlande, Anita Lloyd om te gesels!


Voordat julle inspring, sal my Ma baie kwaad wees as sy hoor dat ek nie “tannie” gebruik het nie. As jy die lees Mamma, ek het gevra, maar sy verkies Anita!


Ek en (tannie- dit voel nog vreemd) Anita sit en gesels oor haar lewe voor en na die reeks. Ons lag verskriklik baie, ek hoor woorde wat ek nie eers geweet het bestaan nie en ons klets ’n bos los. Ons praat ook bietjie meer oor:

  • die feit dat sy hoogs geleerd is met 3 grade (inkluis ’n Meestersgraad)
  • haar lewe en al die stories vanuit Honduras
  • haar ervaring met die media na die reeks
  • watse advies sy vir jong mense sal gee
  • en selfs oor geskiedenis en video games


Na die episode het ek gesukkel om woorde te kry om die genot en joligheid van die episode te verduidelik maar as ek dit in een woord moes opsom, sou ek se “Fantasties!”

 

Anita en haar storie is besonders, so ek hoop jy geniet dit soveel soos wat ons het om die episode op te neem!